| Bohaai by die Blues Room met Anton Goosen en Gian Groen | ![]() |
Fri, 21 Nov 2008 09:15:00 GMT | |
| Op 27 November sluit Bohaai by die Blues Room (???n maandelikse Afrikaanse aand) vir die jaar af met musieklegende Anton Goosen en die Afrikaanse rocker, Gian Groen. Anton het so pas sy bykans volle katalogus op drie dubbel-CD???s versprei en hierdie is ter viering van sy drie dekades in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Gian Groen, die rocker van Grabouw wie se liedjie Vier seisoene kind deur Laurika Rauch bekend gemaak is, se nuutste cd, Welkom in Somersburg, is onlangs benoem vir ???n Huisgenoot Tempo-toekenning sowel as ???n Vonk-toekenning. Die aand gaan vol akoestiese treffers wees wat oor beide musikante se loopbane strek. Nardus du Plooy (van Die Kaalkop Waarheid) sal die aand open met 'n paar van sy solo-liedjies en die nuwe melodic rock en roll groep, Hansie Slim sal die "closing act" van die aand wees. Die show begin om 20h00 en ingang is R80.Follow this news feed on Skim News South African and International RSS Feeds and Podcasts |
Tuesday, November 25, 2008
Bohaai by die Blues Room met Anton Goosen en Gian Groen
Subscribe to:
Post Comments (Atom)


No comments:
Post a Comment